Williams Grand Prix Engineering

Damon Hill in die 1990's, toe Williams groot welslae behaal het.
Valtteri Bottas in die Williams FW37

Williams Grand Prix Engineering (voorheen Williams F1) is 'n Britse Formule Een-motorrenspan wat by Grove, Wantage, Oxfordshire in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Eenwêreldkampioenskap deel en maak tans gebruik van Mercedes-AMG F1 M14 E Performance 1.6 V6 turbo-enjins in hulle renmotors.

Die span se renjaers vir 2016 was die Brasiliaan Felipe Massa en die Fin Valtteri Bottas. Vir 2017 was die renjaers Massa en Lance Stroll, en in 2020 en 2021 die jong Brit George Russell en die Kanadees Nicholas Latifi. In 2023 was die renjaers Alexander Albon en Logan Sargeant.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search